Wednesday, January 24, 2007

Ons Almal lewe soms(vervolg)


Sy gaan kuier die res van die week elke aand by haar ma, haar ma praat maar baie onsamehangend en nisk maak werklik sin nie. Haar boetie Liam is oorlede toe sy 12 was hy was op daai staduim 15 jaar oud. Hy was saam vriende in Balitobaai, hulle het op die rotse gespeel en hul het gegly, hy het seker sy kop op pad af gestamp, maar niemand het ooit sy lyk gekry nie. Die see het hom geneem het my ma altyd gese.

Hierdie hele week het haar ma heeltyd met iemand gepraat, sy het die persoon Kaja genoem. Die persoon was onsigbaar aan Lilanie maar sy was al so gewoond aan die snaakse gedrag en beelde wat haar ma noem. Sy probeer met haar ma praat en vrae vra oor wat jare terug gebeur het, maar haar ma fokus nie. Sy fokus nooit meer nie, sy leef net in haar gedagtes. Sy gaan huistoe en Roelf is alweer uit, lyk my dis hoe dit deesdae gaan werk, hul leef verby mekaar. Nadat daai “man” by hul huis weg was het sy en Roelf vreeslik baklei, omdat sy kwansyns ongeskik is. Sy kon nie vir hom vertel wie die man is nie en dis wat die man wil he, ‘n drif tussen hulle. Sy sit voor die televisie en dink wat sy volgende moet doen, hoe gaan sy als in mekaar pas. Sy weet: sy gaan kantoor toe, sy gaan op haar pa se rekenaar kyk. Daar moet iets wees, hy kan nie als in papier form in die kelder hou nie. Sy ry dadelik en kom net voor twaalf by die kantoor aan. Die sekuritiet vra klomp vrae, sy maak ‘n storie op, en hy glo haar. Hy het geen rede om in haar te twyfel nie.
Sy weet dat in haar pa se gang is daar nie kameras nie, ook nie in die kelder by die leers nie, en ook nie in die badkamers nie(of so hoop sy). Sy stap na haar tafel toe en maak of sy werk en goed in haar rekenaar invoer, na 15 minute staan sy op. Sy gaan baie vinnig na haar pa se kantoor, sy het ‘n skoon cd gebring vir ingeval sy iets wil saamvat, om later na te kyk. Daar is baie versteekte files op haar pa se rekenaar, en sy dra die met snaakse name oor op haar cd. Sy is klaar, sy skakel haar rekenaar af en gaan huistoe.

Roelf slaap al toe sy by die huis kom, sy kan die koue tussen hulle voel. Sy kry haar laptop uit en sit die cd in. Sy soek deur als en lees aandagtig. Daar is self e-poste tussen die hordes goed gespaar. Daar is ‘n vreeslike dreigement van ‘n man met die naam Treodor, hy gaan glo haar pa verantwoordelik hou vir sy verlies. Nerens se hy wat die verlies is nie. Die brief is vol snaakse terme en vreemde woorde, dis asof haar pa en die man hul eie taal op gemaak het. Soos om iets te verskuil wat net hul kan verstaan. Hy praat van die jaar as onproduktief. Lyk of haar pa iets groots opgemors het en iets gebeur het. Sy lees verder en reg aan die einde se die man: You took my son’s life I will take yours.


5 comments:

Marra said...

You will never know how good it feels to come back from working my ass off, and reading your blog again for the 1st time in almost 2 months...A lot of catching up to do. But who's bang, I'm not a muffin.

And as always, got we hooked from the words "Sy gaan kuier..." Hahahahaha Thanks for making my work entrance to 2007 so pleasurable.

etain_lavena said...

its a great pleasure...I missed you so much boetie....hope you return many more days......ja you must catch up on the story cause there is allot of plots.
;)

Nosjunkie said...

ek kry haar ma die jammerste in die issue sy is die een wat regtig gely het

etain_lavena said...

ja dis waar, Lelanie lei ook ek kan nie dink dat dit maklik is om jou ma so te sien nie.

SaM-GiRL said...

Ek sou dit haat om my moeksie so te sien.