Friday, January 19, 2007

Ons almal lewe soms(vervolg)


Laasnag was aaklig, die man het net daar gesit en met Roelf gepraat of hy haar al jare ken. Hy het goed van haar verlede geweet wat sy al vergeet het. Hy het stories opgemaak van hoe hul in die boom geklouter het toe hul klein was. Al die dinge wat sy saam met Liam gedoen, voor hy dood gegaan het, het hy as sy eie geneem. Die man het gemaak of hy al die gebeurtenisse met haar gedeel het. Sy raak skoon woedend hoe durf hy homself so in haar lewe inwurm? Hoe durf hy maak of hy Liam was/is?

Haar pa bel haar en se sy moet dadelik na sy kantoor toe kom, sy stem is dood soos altyd en sy stap maar vlugtig daarna toe.
“Pa, wil my sien?” se Lelanie in ‘n sagte stem
“Vir wat het jy my nie van die man vertel wat jou in die badkamer in geboender het nie, ek het vanoggend by securiteit die opname gesien” sy kan nie uitmaak of sy stem bekommerd of kwaad is nie.
“Ag, dit was nie so erg nie pa, hy het my maar net bietjie rond gestamp, maar ek het terug geveg”: sy se niks van die leer nie.
“Jy is nou deel van my personeel, en boondop my dogter, ek wil weet as iets in my gebou gebeur, veral as dit so aardige en wreede gebeurtenis is”: hy lyk nou woenend en die are in sy nek staan uit en pomp soos wat hy gil. Sy gesig word bloedrooi en sy neusgate vler oop soos die van ‘n dier wat wil storm. “Wat het hy vir jou gese?” se hy.
“Hy het nie iets gese nie Pa, hy net net my handsak gegryp dit deursoek, my gestamp, ek het geval en hy het uitgeloop”: sy praat nou in ‘n baie fyn stemmetjie.
“Nou goed dan, jy kan maar gaan”: hy lyk nou half ongeduldig en sy weet nie mooi hoekom hy haar so onervra het nie.
Gelukkig het sy haar koel gehou en sy dink nie hy vermoed sy speel dief teenoor sy leers nie. Sy stap in die lang gang af na haar lesenaar, en loop verby die kombuis. Iemand huil daar, dis ‘n snikkende patetiese geluid. Sy gaan in en sien dis die skoonmaker vrou. “What’s wrong?”: se sy saggies toe sy langs die vrou is. “They took her, they took her and I will never see her again”: die vrou grens aan histerie, en sy kan nie mooi verstaan tussen die snikke deur wat die vrou verder prewel nie. “I just wanted a better life for her, we ran away in the night it was dark and we where tired, they promised me, they said I must just work and they will leave her, They promised”: die vrou draai om en draf al huilend by die deur uit. Sy verstaan nie mooi waarvan die vrou praat nie, maar dit klink waarlik vreeslik. Sy werk vir my pa en as sy net bly werk het sou hul “haar” nie vat nie?

Vannaand neem sy twee leers, sy kom net na ses by die huis. Roelf speel aksie krieket vannaand. Sy pak die 4 leers wat sy sover het op die eetkamer tafel uit, sy skink ‘n glas wyn en gaan sit voor die leers. Sy pak als sogvuldig uit elkeen uit, al vier het negatiewe in, sy gril toe sy aan die foto dink. Elkeen het ‘n form in wat soos ‘n kwitansie lyk, en hul elkeen het ‘n bankstrokie in. Die kwitansies verskil in bedrag. Dit lees:
Lenth 5’5, light skin, short hair, black eyes, age:7. Value: 454 MTSy weet nie mooi wat dit beteken nie. Ouderdom van iets 7, klink half asof ‘n mens beskryf word. Sy sal by haar ma ‘n paar dae moet gaan sit en kyk of sy iets kan uitvind, die suster het dam gister gese die katatoniese fase is so te se oor vir nou.

5 comments:

Donsie said...

nog nog nog!!!

SaM-GiRL said...

So basically.... sien haar pa die security footage, en hy sien dat sy dogter rondgestamp word... en al wat hy kan doen is haar ondervra! Die man klink soos 'n asshole!!! hy kan happy wees hys nie my dad nie! have you never heard of hugging your child man!! dammit! ek raak sommer aggro!

etain_lavena said...

whahahahahaha....die man is koud jong, jul sal nog sien, whoosaaa...Sammy
Donsie die vat tyd,whahaha...als is baie na aan die waarheid, ek moet een word met my karakter ek skryf elke keer voor ek post so ek ken self nie wat gebeur next nie.....whahahahaah.....

Lee said...

Haar pa gee my die ritteltits
hys harteloos en val van dit

Tamaryn said...

I'm back...thanks for the comments...

too tired to read a post in afrikaans right now (it being my second language, it takes me a bit to translate it for myself)

hope you well....hope you had a happy, happy and are still happy, happy...

All love,
Tam