Monday, January 15, 2007

Ons almal lewe soms(vervolg)


Die naweek voel soos ewigheid, hulle hou Saterdag aand ‘n braai en Roelf is half vies vir haar want sy gesels met niemand nie. Sy voel net nie lus om oor onbenullighede te gesels terwyl sy al hierdie beelde in haar geheue het nie. Roelf sal ook nie met haar stry nie, hy weet self wat aangaan. Hy weet wel niks van die man wat haar Vrydag aan gevat het nie.

Sondag aand sit sy op die patio en dink hoe sy hiedie week gaan benader een leer elke dag. Sy moet kyk wat kan sy van daai bank in Mozambiek uitvind, waarvan sy die strokie in die leer gekry het. Sy weet die besigheid het half iets met invoere en soms uitvoere te doen, maar wat en hoe weet sy nie. Dit pla haar, daar word so baie van die Transkalahari streek gepraat, en dit lyk of dit toon na ‘n ooreenkoms tussen lande wat Suid Afrika grens. Die bankstrokie het darem ‘n nommer op, sy sal eerste ding Maandag oggend skakkel.

Maandag breek aan en sy sloer weer deur die verkeer na die kantoor. Sy het die nommer op haar cellfoon gesit, sodat dit nie verdag lyk as sy bel nie. Daar antwoord ‘n sagte vrou stemmetjie die foon, daar is iewat versteuring op die lyn.
“Can I please speak to Mr. Raposo.” Daar is ‘n kort stilte.
“He will only be here later”: se die stem.
“What time?”
“No time, just later Mam”
“Ok, I will phone back later thanks, bye”
“Bye”

Sy het later weer geskakel, maar dit lyk waarlik of Afrika tyd nie ‘n mite is nie. Teen drie uur het sy nog steeds nie die man in die hande gekry nie. Vyf uur breek aan en sy weet sy moet ‘n leer gaan haal, maar die keer moet sy versigtiger wees. Niemand gaan die leer van haar afneem nie, nie vandag nie! By haar kar aan gekom kyk sy vinnig rond dit lyk of daar niemand is nie. Sy spring in haar motor en sluit die deure. Sy sukkel weer deur die eiendelose verkeer, dis vreeslik warm en sy sweet vreeslik, sy is baie senuagtig. Maar sy weet as sy eers by die huis is sal als reg wees. Sy sien in haar truspieeltjie ‘n motor volg haar seker al vir die afgelope halfuur. Sy weet sy moet nou vinnig by die huis kom maar al die rye en rye motors beweeg net nie.

So ses dertig draai sy uiteiendelik in haar straat in sy sien darem nie meer die kar wat vroeer agter haar was nie. Sy stop haar motor in die motorhuis en stap vinnig die huis binne. Roelf sit op die bank en sy sien hom soos sy om die hoek kom. Maar wie sit langs hom? Sy beweeg die vertrek binne, die man met die swartpak sit langs Roelf. Op haar bank, langs haar kerel.
“Skat, jou neef Mark het kom kuier”
Sy staan geskok en staar die man en Roelf aan, als beweeg so stadig, die man staan op en druk haar vas. Sy sit op die bank in die hoek en staar die man met groot oe aan. Roelf glimlag en soen haar op die voorkop. “ Ek sal gaan koeldrank ingooi” en hy verlaat die vertrek.

9 comments:

Jessie said...

I love your bloggity blog!

:-)

lost said...

i think she needs a capt morgan and coke.. not a fricken koeldrank..

aargh..
lieffies.. ;*

Gremlin said...

Hay Drizzy...

Sorry for not beeing here for all that time... Truelly sorry. I see you have gone on verry well...

Sal weer meer in loer, belowe... weer eens jammer vir die absence...

JR's Thumbprints said...

I can only read English. Is this your art work? If so, it's fantastic! I've had stories published with less illustration than this. I'm hoping it's yours. Perhaps we could talk about it.

etain_lavena said...

Thanks...Jessie
Ja she needs like a huge Al Capitan too help her....luffies you too maaikie...
Its ok Grem, I know we all need to take a time out.
Jr's my art is in written word, there is some English here and there......I wish it was my artwork, but I take great care in selecting pictures too fit what I have written....

SaM-GiRL said...

And so the offers start rolling in...lol.

Donsie said...

Baie goed, maar jy skryf te min!! Te stadig!! Aaklig om so aan n lyn te hou vas en wonder....
NOG!!!!!!!!!!!

Anonymous said...

Confirmation Our Inconsiderable Prices at www.Pharmashack.com, The Supreme [b][url=http://www.pharmashack.com]Online Chemist's accomplish rat on [/url][/b] To [url=http://www.pharmashack.com]Buy Viagra[/url] Online ! You Can also Details to Before you can say 'jack robinson' Deals When You [url=http://www.pharmashack.com/en/item/cialis.html]Buy Cialis[/url] and When You You [url=http://www.pharmashack.com/en/item/levitra.html]Buy Levitra[/url] Online. We Also Be subjected to a Thought-provoking Generic [url=http://www.pharmashack.com/en/item/phentermine.html]Phentermine[/url] As a armed forces to Your Nutriment ! We Recap away Identify [url=http://www.pharmashack.com/en/item/viagra.html]Viagra[/url] and Also [url=http://www.pharmashack.com/en/item/generic_viagra.html]Generic Viagra[/url] !

Anonymous said...

Be fond of casinos? investigate this advanced [url=http://www.realcazinoz.com]casino[/url] advisor and wing it humiliate online casino games like slots, blackjack, roulette, baccarat and more at www.realcazinoz.com .
you can also from our untrained [url=http://freecasinogames2010.webs.com]casino[/url] waylay at http://freecasinogames2010.webs.com and purchase realized bijou !
another coetaneous [url=http://www.ttittancasino.com]casino spiele[/url] locale is www.ttittancasino.com , measure than of german gamblers, bring to light a seeping in manumitted online casino bonus.