Monday, December 18, 2006

Sterf om te leef.


Hy was hulle elke aand af met 'n sagte spons en lou water. Hul staan so in een posisie sonder om te roer. Hy trek hul klere weer aan, hul oe is leweloos. Hy ken hul lywe van hoek tot kant, elkeen het 'n uniekheid al is hul tog so eenders. Hul is al wat hy het in die ou wrede wereld van ongeloof en pyn, hy kyk na hulle en hulle na hom.

Na hy sorgvuldig na almal omgesien het, was hy die vloere en die blink vertoon kaste. Om te dink daar is elke dag duisende olierige hande wat hier vat en droom oor wat hul kan koop. Duisende voete wat die vloer bemors, roomys laat val, kougom intrap. Hy dink hoe ondankbaar hul is om so baie te wil he terwyl daar mense in die wereld is wat niks het nie. Hulle het familie, maar die gillende kinders se ma's gee pak, die pa's wat nie omgee nie, maak hom eiendlik baie hartseer. Sy ouers het ook nie werklik baie van hom gehou nie. Hy kyk maar na sy mensies hier in sy wereld, hul praat nie tee nie en hul maak nie seer nie. Hy het elkeen ook 'n naam gegee, name wat by elkeen se perssonlikheid pas. Hy gril as hy dink aan al die sweet en spoeg wat orals drup, mense wat hul neuse afvee en orals vat.

Hy is 'n aardige man, hy het amper geen skouers nie en hy het 'n boepens, lyk of hy 'n ertjie ingesluk het. Hy het 'n groot blink bles, hy dra bril en dit versteek sy vaal grys oe. Sy hande is iewat vervorm met knoppe en eelte wat orals uit steek, maar met die hande kan hy sagkuns vat en fyn werk. Hy is nie baie lank nie, maar hy is nou ook nie vreeslik kort nie, so middelmatig as mens skat. Hy het eenkeer 'n vrou gehad, maar sy het hom gelos na aardige gebeurtenisse in die kelder. Hy het nog die selde huis met die selde kelder, en in die kelder is nog steeds die selde gebeurtenisse.

Na die skof groet hy al die harlikyne sorgvuldig elkeen by die naam, more aand my mensies, more is ek terug: se hy is sy fyn koue stem. Hy sluit die klerewinkel se groot glas deure, wat hy 'n halfuur terug blink gepoets het. Hy stap huistoe, hier en daar is 'n verliefde paartjie wat hand aan hand verby hom stap. Hy kyk die dames altyd sorgvuldig op en af en weet waar elke deel in mekaar moet pas. Hy dink hy wil vannaand vir haar gaan kry, daar in haar woonstelletjie slegs twee blokke van hier. Met haar spierwit vel, lang oogwimpers en glasblink oe, haar lyf is perfek in preporsie. Hy raak iewat opgewonde met die idee dat sy vannaand vir hom gaan kuier. Hy stap tot by haar voordeur en klop twee keer. Sy maak oop en lyk iewat verskrik, wat sal die koddige man nou met haar wil he. Hy stap in, maar sy het hom nie werklik ingenooi nie. Vannaand is jy myne in my kelder. Hy gee haar een hou oor die kop en gooi haar ligaam oor sy swak skouer, sy grys oe nou swart van ekstase. Niemand stop die man wat twee blokke met die meisie oor sy skouer loop nie, by die huis aan gekom gaan hy dadelik kelder toe, daar trek hy sorgvuldig al haar klere uit en was haar af soos hy hulle elke aand in die winkel afwas, hy weet hoe dit moet werk. Hy weet hoe hy haar ligaam moet behandel om dit te bewaar. Dit werk dieselde soos om dooie diere op te stop,hy het al jare geoefen en kan dit al perfek doen. In die vertek staan daar 5 ander harlikyne, sy heel beste werk is die wat hy gehou het. As jy van nader kyk kan jy sien dat hul anders is hul het wel al geleef, hul is sy harilikyne. Sy mensies waarmee hy sy lewe wil deel.

Hy kam haar hare sorgvuldig.


4 comments:

Donsie said...

mmm nou wonder mens of die harlekyne in die winkel ook dalk voorheen mense was? Die feit dat hy hulle dieselfde "handel" as die nuwe een...
Freaky Shit!

etain_lavena said...

Moerse freaky, as ek soms so lees dan wonder ek self waar ek die weird goed uit krap....hihihih
Thanks 4 visit donsie.

lost said...

eeuwee.. kom ons stop jou op.. jy's al klaar half preserve met al die captain... hahahaha

love you. ;)

etain_lavena said...

whahahahahahaha...........parra warra......love you too