Friday, December 15, 2006

Ons almal lewe soms(vervolg).


'Opstaan tyd' se Roelf sag. Sy kreun en draai haar rug op hom. 'Jy moet gaan werk, jy het iets begin en kan nie neo tou opgooi nie.' Hy haal een van haar snyerspakies uit en sit dit op die bed neer. Hy verdwyn vir vyf minute en kom terug met 'n koppie appelkoos tee haar gunstelling. Sy sit regop maar haar hele ligaam voel lam en tam. Selfs haar siel voel of die lewe daaruit geruk is. 'Jy moet dood eenvoudig hiermee aangaan, daar is meer op die spel as wat beide van ons verwag het': se hy ferm. Sy staan op en borsel haar tande sy kan nie praat nie haar keel is rou. Sy trek die pakkie aan, sy sit voor die spieel op die klein stoel. 'Vir wat moet sy gremering aansit': dink sy by haarself. Roelf het 3 sussies so hy ken van hare vasmaak, hy neem haar borsel en kam stadig haar hare mooi uit. Hy sit haar silver knip in, en dit lyk regtig eientlik mooi.


Vanoggend neem hy haar werk toe en se vir haar aan dat as iemand vra waar haar kar is, dat sy 'n pap wiel het en die spaarwiel ook pap is. 'As jy my nodig het, bel my dadelik skat!' Hy vryf haar been saggies. Hoe gaan sy haar rou stem verduidelik, klink of sy suurlemoene geeet het die heel aand. Roelf het so baie vertroue in haar dat sy werklik ook moet glo sy kan aanpak waarmee sy begin het. Sy haal diep asem en stap die groot blink voorportaal in, ou uithang sit weer soos gewoonlik en flits haar bates vir die wereld. Vandag maak dit haar naar, maar sy hou haarself kalm. Sy gaan na die kombuis en die skottelgoed dame is daar soos gewoonlik. 'Why you so pail, I make you tea, nice sweet tea':se sy warm en kalm. Ag, daar is niks soos 'n sagte vrou wat omsien na ander om mens beter te laat voel nie. Sy drink die soet warm tee, en die dame vryf haar saggies op die rug. 'Thanks, that was so nice': se sy vir die vroukie toe sy klaar die tee gedrink het. Die vrou glimlag so pragtig, maar sy kan haar pyn duidelik sien, wonder hoekom sy nooit daarna opgelet het nie. Sy gaan sit by haar tefel en liaseer die hope en hope papier werk. Hierdie papier werk het nou niks in wat haar aandag trek nie. Sy lees die een faktuur en dit is vir penne en normale kantoor goed. Sy dink sy moet nog een van daai leers gaan steel wat daar onder in die metaal kaste is. As sy elke dag een vat sal niemand mos agter kom nie. Dan kan sy als soos legkaart in mekaar pas. Sy sal net nie die foto's ontwikkel as daar nog negatiewe is nie, sy sidder om te dink wat op nog negatiewe verskuil is. 'Siestog': se sy hard. Dis vyfuur en sy weet Roelf wag al vir haar, sy gaan neem 'n leer uit die metaal kaste en stap vinnig deur toe. Voor die deur staan daai man, daai man met die swart klere van Santon city. Sy voel paniek in haar opskuif, ag simpel vrouemens dink sy vir haar self, 'kalmeer'. Die man sien haar en stap baie vinnig na haar toe, hy neem haar by die arm. Sy wil gil maar die leer in haar sak, sal baie vrae veroorsaak sy vat maar haar kans met die man. Hy boender haar in die mans badkamer in sy voel vreeslik bang,maar sy sal weet wat om te doen as dinge lelik draai. Hy se niks hy kyk net heeltyd rond. Hy haal sy sonbril af toe hul behoorlik binne is, die man het die groenste oe wat sy nog ooit gesien het. 'Jy soek vir moeilikheid jong dame, jy speel met vuur': se hy in 'n growwerige stem. 'Ek kan na myself kyk': en met die tree sy na die deur. Hy trek haar weer terug aan die arm. 'Jou ma kon nie die waarheid hanteer nie, kyk waar sit sy nou. Jy is veels te jonk en veels te mooi om soos sy op te eiendig': se hy sag. 'Wie de hel is jy om van my ma te praat': se sy woendend. 'Sy wou ons ook help, voor, voor die dwelms haar siek gemaak het'. 'My ma het nie dwelms gebruik nie': sy is nou woedend. Die man gryp haar handsak en ruk die leer daaruit. Hoe het hy geweet sy het dit.? Sy probeer dit uit sy hande ruk maar hy gee haar 'n ligte stoot en sy eiendig op haar boude op die vloer. Hy draai om en loop vinnig uit. Sy spring op en sit hom agterna. Kom buite die mans badkamer en hy is nerens in sig nie, sy kyk verwillderd rond maar niks, net mooi niks. Hy het soos 'n groot speld verdwyn.


Sy stap kar toe en wonder of sy vir Roelf moet se, hy sal tog net kwaad word en wat help dit werklik. Die man is weg en sy is minus die leer. Maandag sal sy maar net weer een moet vat, die man sal haar nie dan betrap nie, daarvoor sal sy sorg.

6 comments:

SaM-GiRL said...

O gattas....... dit begin nou hectic raak.

etain_lavena said...

hihihih.....baie goeie dele kom nog.

Donsie said...

Ek het nie kommentaar - behalwe dat dit goed geskryf is. BAIE furstreerend om so stuk stuk te lees...

etain_lavena said...

Jammer Donsie, dis net wat sal die fun wees as ek als sommer gelyk skryf...en dit sal moer lank wees....

Lee said...

Ek is geintereseerd oor die konneksie met haar ma

Marra said...

Haar ma is aspoesterjie. Ek het in my crystal bal gekyk. Flip etain...Moet die storie stuk stuk wees. Ek lees jou antw vir donsie en verstaan. Maar ek stem saam met ha...dit mergel my uit. Hahahahahahaha

En dan nog die belofte van goeie toekomstige dele? Ek sal graag wil sien hoe beter die dele kan raak!!!!