Tuesday, December 05, 2006

Ons Almal lewe soms.(vervolg)


Dis woensdag oggend en dis iewat bewolk. Sy sit gremering aan en trek haar snyers pakkie aan. Sy moet mos nou ordentlik lyk so sy sal waarlik die part speel. Die verkeer om Santon is so swaer en sy voel of sy wil omdraai en later weer probeer. Sy onthou dat sy nou gaan werk en sy kan nie laat wees nie. Sy klim by Malboro afrit af, en ry na die blink gebou. Sy stap vol selfvertoue verby die poppie in ontvangs met haar uithang borste. Die meisie probeer nie eers om haar te stop nie. Klop aan haar pa se deur: 'ek is hier om te begin.' 'Kom' se hy half geirriteerd.

Sy is nou al 'n uur hier en sy sorteer die liasering uit, waar is die pret in dit, sy het teminste gedink sy sal sien wat haar pa doen. Sy pak leer vir leer in die metaal laaie. Die goed is in suig sakkies verpak, haar nuuskierigheid ry haar heel middag. In die kombuis knoop sy geselsie aan met die vrou wat die skottelgoed was. Haar aksent is baie swaer en sy is iewat skrikkerig om met haar te gesels, maar sy probeer maar net so gaaf en vriendelik as moontlik wees. Die vrou se net:'Please don't speak.' Sy was voort, baie vreemd maar dis haar wens sy kan haar nie dwing om te gesels nie. Die tyd sleep voort en sy wil net huistoe gaan. Voor dit gebeur wil sy graag gaan kyk wat in een van daai leers is. Sy dink wel niemand gaan snaaks dink as sy nou daar ingaan nie sy is mos die 'Girl friday'. Sy maak die eerste swaer laai oop, die files is styf in gepak, sy neem die boonste een. Sy maak dit oop, daar is allerande papier werk daar in, sy kan nie mooi verstaan wat al die groot woorde beteken nie. Sy lees rustig, dis die oordra van geld van 'n rekening van die buiteland na haar pa se rekening. Die diens wat verskaf is, is net nie duidelik nie. Sy moet die leer huistoe neem dis al genade. Sy sal dan daar baie rustig kan lees en ontsyfer wat als beteken. Daar is 'n negatief ook in die leer, sy kan net nie sien wat dit is nie,te klein.
Dis na 5 en dus is dit tyd om huistoe te gaan. Sy sukkel deur die eiendelose karre, almal kyk voor hul. Die norsheid kan in die gedreun van die engines gevoel word.

Sy verstaar haar so aan die mensein hul karre, dat sy nie agter kom daar volg 'n swart motor haar al,al die pad van die werk af nie.
Sy is onbewus wat in haar toekoms wag!

11 comments:

Flutopia Unchartered said...

hey!! im glad to see your post in my blog..hehe!! i haven't been updating my blog lately..well you can check my deviant art account it's on my links bar on the right..nway id love to chat with you someday well if you have YM or anything pls post your email on my blog so that i can add you up..sorry i can't comment on this particular post of yours is this german?

Nosjunkie said...

hehe.
Its Afrikaans. its verry good afrikaans too and you dont know what your missing. Etain is our resident novilist slash poet and she's verry good at what she does.

Hey Drizz ek het die konneksie gemaak dankie. maar dit raak nou soos Egoli, die oomblik wat iets interesant gebeur hou die skrywe op

SaM-GiRL said...

DRIZZY!!!!!! ai.....ek dink ek gaan maar ophou jou blog lees vir so 'n maand, en dan sal daar hopelik so 6 of 7 chapters wees van "ons almal lewe soms" dan hoef ek nie elke keer hier agter my pc te sit en "wat de f*k nou" "gonna, wie is in die kar" "o shit, wat is in die file" "sis maar die vrou wat die skottelgoed was is rude" lol!! youre killing me here girl!!

Donsie said...

Dis aansteeklik - en excelent soos gewoonlik!!

etain_lavena said...

Hahahahahah...ag thanks julle.
Wel ek het goeie nuus; ek was gevra om my vervolg verhaal op 'n nuwe webtuiste te skryf.
Ek sal die link vir jul gee dit word Sondag gelaunch, so dan moet julle daar gaan loer wat gaan vir wat. Maar nee jul gaan nie voor die tyd weet wat gebeur deur daar te loer nie.
So sorry for you, julle gaan moet Egoli lees.

Lee said...

Dis great Drizz!
Congrats Girl

SaM-GiRL said...

When you're rich and famous one day, will you remember us little people? heehee.

etain_lavena said...

Yes I will try and remeber the little people...whahaha...ag thanks Lee.

Marra said...

Flippen hel, gaan hier sê wat ek vir jou gesê het...jy beter aanhou en die storie mutate...ek wil my kinders hierdie storie laat lees.

Veral as hul stout is, so ja al is dit nie 'n kinder storie nie. Hulle moet ook wonder soos hierdie aap wat gaan nou gebeur! Dis irreterend om storie te breek in sekere stukke, maar dis wat hul gebruik om die lesers / kykers weer terug te laat kom. En dit werk... ;-)

etain_lavena said...

Ek kry die hang of it....hihi...maar ek belowe die storie lyn gaan jul laat huil en dit gaan mens iets leer ook, so ek gaan my heel beste doen om baie baie goed aan te hou skryf.
;-)

lost said...

i like reading bit bit bit...
that way i can make up a whole other story and see how far gone my imagination is... or isn't.. hahaha

keep going girl, the world is full of adventures..