Monday, December 11, 2006

Ons almal lewe soms (vervolg).


Die eerste week wat sy by haar pa werk is werklik onaangenaam, sy is regtig net daar om skiewie te speel vir die hele spul Juppies. Sy hou aan, al wil sy partykeer die koffie uitgooi op partei van die mans wat haar so aangluur. Die dametjie wat die skottelgoed was groet darem al nou met ‘n glimlag, teminste het sy haar halfpad oor gewen. Sy ry nog elke dag met die leer in haar katebak, te bang om te begin ontrafel wat daarin staan. Sy het darem die negatief vir Roelf gegee om te ontwikkel, so vanaand sal sy teminste sien wat daarop is.

Middag ete stap sy in Santon City rond, sy het wel met baie geld groot geword maar kan nog steeds nie verstaan hoe mens vyf honderd rand vir ‘n normale T-hemp betaal nie. Als daar binne is so blink gevryf voel of jy in die blink kan verdrink. Sy staan in die boekwinkel en gaan deur die indeks van ‘n boek. In die kant van haar oog sien sy ‘n groot man met 'n sonbril op, hy het als swart aan, swart broek, sy skoene is nogal mooi, swart das. Hoekom sal iemand ‘n sonbril in ‘n winkel sentrum wil dra?
Hy loer so nou en dan vir haar oor sy bril, sy kyk om of daar nie iemand agter haar staan na wie hy staar nie. Nee dis beslis sy, sy weet nie of sy moet glimlag of frons nie, hy is nou nie lelik nie. Geklee in swart met sy groot bree skouers. Sy ruk haarself uit haar simpel droom wereld uit.
Sy het die groot man weer so flugtig in Woolworths gesien maar weet dis toevallig. As mens inkopies doen is die kans goed dat jy een persoon twee keer in die selfde sentrum raakloop. Die middag is traag en sloer aan, dis so menslik onaardig om daar te werk. Daar is heeltyd hierdie koue gevoel wat daar rondhang en almal praat skaars met mekaar. Net die gewoone kantoor praatjies wat tog so vervelig is.

Na die aaklige rit deur die verkeer kom sy by die huis. Roelf se kar staan voor die Motorhuis, sy voel nogal opgewonder in ‘n manier. Sy gaan nou sien wat die foto is, ag dalk is dit huise of gebou, sy sal nogal teleurgesteld wees as dit is. Sy neem die leer uit die kattebak en sit dit onder haar arm, vannand moet sy kyk wat daarin is. Roelf sit by die eetkamer tafel met sy gesig in sy hande, sy het hom nog nooit so weerloos en hartseer gesien nie. Voor hom le die foto, hy het dit op laat blaas. “Sit skat, dit gaan nie vir jou goed wees om dit te sien nie, maar jy moet kyk al maak dit seer” se hy sag. Sy sit oorkant hom by die tafel, hy draai die foto om en skyf dit nader aan haar. Sy kyk en kyk weer. “NEE” gil sy hardop, vlieg uit die stoel reguit badkamer toe. Sy val voor die toilet neer en sy word naar, haar hele ligaam moet leeg, hoe wreed, hoe grusaam. Sy voel so swak sy wil skaars haar kop optel, al wat sy kan uitkry is: “Nee, Nee”. Sy prewel soos ‘n kindjie. Roelf stap die badkamer in en tel haar op, hy gaan le haar op die bed neer. Daar het hy hele aand langs haar gesit, haar rug gevryf, terwyl sy haar leeg huil.

6 comments:

Lee said...

Hoekom is ek altyd eerste hier. Die poppie dink ek is bietjie parranoois, En ek dink nie dis haar natuur nie ek dink dis die omstandighede waarin sy haar befind. Sy weet daar is iets nie pluis in die maatskapy en dus is sy oortuig dat die mense wat daar werk lelik is met haar of haar aangluur. dis dalk nog die skuldige geweete wat haar pla.

Marra said...

Miskien as sy haar aantrek soos die juppies sal hul haar aanvaar? Of miskien moet sy ook als wys wat sy het...Dit trek enige bleek siel nader....Hahahahahahaha

Hmmm....dis biki vinnig aan die einde...Miskien omdat ek so angstig raak vir haar part...Jy beter vinnig skryf aan die volgende...of is dit nou eers weer 'n Egoli breek...KAN NIE WAG NIE!!!!!!

etain_lavena said...

ja Eoli breek, daar kom nog baie twists......als moet eers in mekaar vleg, vir die eind eiende....

Lee said...

dis pornografie of iets te doen met har ma

Donsie said...

Lee ek stem saam met jou. Moet iets van haar ma wees - maar ek dink dit is fotos waar haar ma vermoor is - of iemand vermoor is. Kan nie dink dat porn jou so kan laat kots nie.
Well Done Boo!

etain_lavena said...

Dankie Donsie, Ek sal vrydag weer deel he.