Tuesday, December 26, 2006

Die boek se buiteblad



Elke dag elfuur stap Mark by die biblioteek in, hy loop dan dadelik na die gruwel afdeling. Hy begin deur die rye en rye boeke gaan opsoek na die perfekte gruwel storie.
Hy lyk nou nie juis na een wat lees nie, maar almal ken hom al so goed by die biblioteek dat niemand meer staar nie. Toe hy die eerste dag daar ingestap het, het almal oor hul brilletjies na hom geloer. Hy het n oogring, 'n lipring, 'n neusring, hy het tattoos wat altwee sy arms vul. Die tattoos bestaan uit drake en kaal meisies, mens kan maar net dink hoe die res van sy lyf lyk.
Sy hare is 'n punk kapsel en groen gelkleur. Sy broek is so semi los, met die vreeslikste belt, sulke spikes steek daaruit en hy het kettings wat vanuit dit hang.

Die mense van die biblioteek het maar geleer om hom te aanvaar, hy pla nie werklik die mense daar nie. Die biblioteek meisie is waarlik pragtig en hy loer altyd vir haar. Sy het sulke donker raam brilletjies op en haar hare is styf vasgemaak agter in 'n bolla. Sy trek ook glad nie modern aan nie, pas seker maar by die biblioteek skema. Sy praat vreeslik sag, haar vel is spierwit, sy het die groenste oe. Hy kyk haar altyd mooi op en af en wonder hoe daai lyf onder daai oorgroot klere lyk. Sy het mooi kuite so hy kan nie dink dat die res van die lyf ook nie so lyk nie.
Mark dink toe by homself, dat hy hierdie ou vaal meisie gaan uitvra en haar van die buite wereld leer. Hy hang tog met baie intressante karakters uit, en hy kan haar lewe sekerlik opkikker. Hy se toe vir haar "Kom saam my uit ek sal jou wys om te leef en dan skud jy sommer die boekstof uit jou hare." Sy kyk hom stip in die oe en stem toe in om saam hom uit te gaan. Hy is opgewonde, klim in sy motor en spin daar weg met ACDC wat kliphard die stilte in die straat breek.

Nege uur het hul afgespreek, voor die biblioteek moet hy haar oplaai. Sy lyk so styf soos altyd hare mooi vas, donker raam brilletjie op die neus. Stywe grys rompie tot bo die knieg, oorgroot bruin trui, en ou vrou skoene. Hy kyk nou maar verby die aaklige klere, eientlik 'n skande dat so sexy lyf weg gesteek word. By die club gekom, haar oe groot en blink staar sy vir al die Goth's en punks. Die lied wat speel toe hul die club inloop is "Insane in the membrane", ironies half as mens terugkyk oor die aand se gebeure. Hulle skud hul koppe af en die musiek word net donkerder en swaerder, die biblioteek meisie het haar hare los gemaak en half geskok kyk Mark haar aan, sy Headbang verlydlik, die musiek neem haar ligaam oor. Sy het die oorgroot trui uit getrek en onder het sy 'n swart kant toppie aan wat haar mooi borste uitbring. Hy is nou opgewonde dat hy die dier in haar wakker maak.

Drie uur besluit hy hul moet nou gaan, sy lyk verskriklik aanloklik en hy moet haar huistoe neem. Sy lei hom tot voor haar woonstel gebou, hy leun oor om haar te soen. Sy hou haar hand op sy bors en se wil jy opkom, sjoe hoe kan sy nog vra. Hy spring uit die kar en volg haar na haar woonsteldeur. Binne is dit baie modern rooi en swart versier. Half gothic dink hy, hy sou nou nie dit van haar verwag het nie.
Sy verdwyn en kom terug met 'n lang stuk lap, ek wil jou iets wys, maar ek gaan jou oe toebind en as ek gereed is gaan ek dit weer afhaal. Trek al jou klere uit en hou net jou bokser aan. Hy voel vreeslik opgewonde, bewe half soos hy blind al sy klere uit trek. Sy ly hom na 'n ander vertrek. Seker haar kamer dink hy, ag hoe pragtig sy probeer kinky wees. Hy moes haar omtrent opgewakker het. Sy sit hom neer op 'n gladde opervlak en stoot hom om te le. Sy bind sy arms en bene vas. Sy sit musiek aan "My Ruin" hy ken dit goed want hul speel dit gereeld in die club en dan dans al die meisies vreeslik verleidelik. Dis heel verbaasend dat sy die tipe musiek het. Sy is so rukkie weg en hy wonder waar sy is. Hy hoor iets klap en hy skrik. Sy is nou weer in die vertrek, hy hoor haar om hom beweeg. Sy haal die lap af, maar sy bly agter hom staan. Die vertrek lyk soos 'n "toture chamber", die mure is geverf met swart en daar hang kettings orals wat vas gemonteer is, mens kan jou daaraan vas maak se sy sag. Daar is 'n tafel langs hom met allerande goed wat hy nog net op die internet gesien het. Die een is so rubber bal aan leer wat mens in iemand se mond sit en om hul kop vasmaak so dat hul nie kan gil nie en wat hul kan vasbyt in PYN. Sy loop om en gaan staan waar hy haar kan sien, sy het leer klere aan, pikswart. Sy het een fantastiese mooi ligaam, rondings op al die regte plekke. Sy het 'n sweep in een hand, sy het ook 'n masker aan. Hoe leer stewels, hy dink dat sy waarlik nou so S&M lyk soos die pornografie wat sy vriend Rex van hou, hy het al saam hom gekyk maar hou nie van die idee om vrouens te slaan en hul so plesier te gee.

Sy staan nader en kyk hom stip in die oe en se: "Kom ek wys jou om te leef en dan skud ons die stof van vooroordeel uit jou hare" Sy slaan met die sweep oor sy kaal bolyf.

No comments: