Thursday, November 16, 2006

wat maak jou gelukkig


Tussen blare wat vloei en reen wat val. Sit jy op die stoep van die lewe, wat maak jou lag? Giggel jy vir mense se dinge en grille. Skaterlag jy vir vars gras, rooi blomme, blou hemele sonder tyd.
Ry deur die lewe met muskiek wat bler en rukkende howe van pret en plesier. Al wat mens het is tog nou, al wat jy graag wil he is more. Tussen ure se tikke en minute se slane kan jy die geluk joune maak. Moet dit gebaseer wees op papier waarmee jy goed kan koop. Wil jy lag vir klein plesier, wil jy dans as dit reen, wil jy in arms wegvou. Die reuk van jou ma, die snor van jou pa, die oe van jou suster. Hoe wil jy jou geluk definieer? Wil jy weet waar jy le? Glimlag vir 'n vreemdeling, soen met passie, lag met oorgawe. Beteken iets vir iemand, al is jy niks vir ander. Jy is jou geluk, maak dit saak hoe jy dit soek?

Ek geniet lag saam my virtuele broer, ek geniet sy glimlag wat in my geestesoog le. Dis soos 'n stem in brein. Ek geniet die woorde van ander, ek laat my lei deur die lewe. Jy dink jy kan die donker mok, dis die donker wat somber na jou vry. Ek geniet speel saam my suster se dogterkie, kruip en giggel sonder enige bekommernis. Ek geniet om kliphard my musiek saam te sing, ek geniet maak of ek daar is. Ek geniet praat met my beste vriendin, ons taal is uniek. Ek geniet le by my man, woorde is nie nodig nie. Ek geniet kleur as ek aan dit raak ek voel die krag van hul prag. Ek geniet my woorde, dis al wat ek het as ek alleen is. Ek geniet hierdie leeftyd, sonder dit sal my siel nie leer nie.
Mag die geluk van nou, jou volg tot more....

2 comments:

Marra said...

In the word of an AMAZING band...

It’s times like these you learn to live again...It’s times like these you give and give again...It’s times like these you learn to love again...It’s times like these time and time again!

Mens wil soms net terug sit en dankie sĂȘ vir al die goeie wat nou en dan skugter hul koppe uitsteek. Jy laat my sommer alles waardeer wat ek het!

Dankie!

etain_lavena said...

Met plesier doen ek dit my boetie!!!