Wednesday, November 22, 2006

Waar die bome begin


Daar is lanings met bome en strate met lampale. Jy kan loop tussen die roet van die strate en die rook van die motors. As ek die blare opskop, skop ek drome op, of is dit die stof wat my son verduister. Sal jy saam my kom staan waar die lug waasig is, sodat ek nie so alleen voel nie. Die ure gaan verby om my hier kennisloos te los. Hier is waar die hart begin, tussen pyn en gemors. Die stof gaan le en die son speel oor my vel, en ek kan die hitte stadig voel groei. Ek sal verder stap, sien hoe die mure hoer as die huise is, hoe divering als moet beskerm wat kosbaar is. Tog sal die vuil jou kom haal as dit die tyd is wat jy moet leer.

Die vuil is oor my vel
die roet is deur my hare
saam kan ons nie wen,
skop die stof
snak na asem
die lug is dik,
my hart is blou
ek rou
vir jou,
vir haar
vir hom,
vir ons.

jy in jou marmer huis
met divering groot en sterk
jou hart is waar die krag moet le
kan jy my help as ek alleen staan
kan jy my in die stof sien snak.

al wat ek het is in my hart
al wat ek jou kan gee
is wat ek bevat.

Die strate met lampale sal my lei na waar daar rus is. 'n Huis is waar die hart is, en die hart vind saans die huis.

6 comments:

SaM-GiRL said...

Al wat jy het is jou hart, en op die einde van die dag is dit al wat jy nodig het... al die aardse besitting kan in die "wink of an eye" weggeneem word.... maar die hart bly.... dit is al wat jy MOET gee... as enigeiemand iets meer verwag.... verloor hulle... voor jy jou hart ook verloor...

etain_lavena said...

baie baie waar!!

Marra said...

Jy het niks om oor te worry nie, behalwe as jy jou kop gaan stamp teen die hemelruim wanneer jy eendag weg vlieg nie.

En dis sekerlik nog baie lank. Kyk nou, kyk diep, kyk lag, kyk seer, nou is belangrik want die appel se uur het lankal verbrou.

Baie kewl, ek wonder of dit genoeg "konkreet" is?

etain_lavena said...

whahahahaha..konkreet my ass parratjie!!!!

Lee said...

Hey daar ek loer net in vandgag want al die ander plekke is depresief.
elke keer as ek jou blog lees en dan die kommentaar onde oog kry besef ek meer en meer hoe baie mense se perspektiewe verskill dis soos "ink blot" toetse die peosie.
elk find ma sy eie plek sy eie roeping of boodskap in die skrywe

etain_lavena said...

dis hoe dit werk en dis die prag daarin... my gedigte is my passie, so ek love hoe dit ontvou. Marra ken my goed so hy weet hoe ek die dinge in mekaar pas, en hoe my denke is as ek dit skryf. Maar dis so goed as elkeen se interpretasie verskil, want ons is immers anders, en sonder woorde is ons niks.