Tuesday, November 07, 2006

Teer my leeg


ek gee nie om of jy wil nie
ek kan nie kla as jy saam speel nie
die eiende is beslis nie so kleurryk nie

ek kan net kla en skree
mimiek die ure deur,
die dae kan nie sonder die son loop nie
ek was my hande in onskuld
jy was so so rein toe ons saam was
jy lag vir my hart
jy skreeu vir my lewe

jou balhorige idiot
wat snags op jongmense teer
wat saam bad in pyn
wat lek aan siektes om jou genot te gee
bakterie is so mooi as dit ander verwoes
genotlik is die druppende pyn

lag vir my lewe
lei my na pyn
ek kan bad as ek alleen is,
skrop die morsig af
krap die bloed skoon
dalk werk dit vir ons,
dalk sal jy my leer teer
genot is mos as dood wil keer

1 comment:

Marra said...

Ek het dit gelees en dit het my so baie aan iemand lat dink wat pragtig is en baie spesiaal is...Weird...