Friday, November 10, 2006

Stilte


Geen vokal klank mag klink nie
hou jou bek,
luister na jou brein
kan jy werklik so in stilte
broei, bloei, knou, rou, vou

top en dink oor als,
stilte
kan jy ooit 'n leeftyd met stilte woon
hoe se jy asseblief?
hoe se jy dankie?
erger,
geen liefde vertroetelinge in woord,
rou, flou, sou, wou, berou

kan jy met jou hande se
kan jy met jou oe skree,
wie kan werklik sonder gevoel praat?
die man in die maan luister graag
maar die rympie wil nie sing
die woorde wil net weg bly
stilte
stilte
jy in jou brein,
in stilte




5 comments:

Marra said...

Ek wonder ook altyd hoe voel mense wat mute is...Maar ek dink om te kon praat en skielik nie meer nie, is erger as om so gebore te word.

Stilte is terapie in sekere sin...maar soms veroorsaak dit die allerverskriklike leuens en gedagtes en beelde van waansin...

Moenie stil wees nie...skryf vir ons.

etain_lavena said...

soms is mens stil al kan jy ook praat, die paar dae wat ek siek is en nie kan praat nie laat my maar wonder en is soos jy se mens se brein groei leuens...thanks parratjie

Marra said...

Ek het die naweek stilte probeer...ek is bevrees dit het my net in goeie moeilikheid laat beland...Yummieee.

etain_lavena said...

Hey ons werk hier met kos....SIES!!
whahahahahahahaha

Gremlin said...

Silence is golden.... But silence is not good for your healt...