Monday, November 27, 2006

Ons Almal lewe soms.(vervolg)


Haar hele ligaam ruk van die koue, voel of sy wil kots. Sy moet iets doen, sy kan nie meer hier sit en die drup aanhoor, die koue opneem nie. Sy moet teminste probeer om iets e doen, sy vryf die lap stukkie vir stukkie af van haar gesig af met haar skouer. Die determinasie groei in haar met elke stukkie wat die lap beweeg, haar hartklop is onreelmatig. Die lap moet nou af, sy gee een kreun en die lap gaan af. Sy snak na haar asem, soos die lug haar longe insypel, gooi sy op. Sy kyk op, om haar hang dooie diere se karkasse, uit sommiges drup die bloed nog en vloei in een stoom onder haar voete deur. Sy gil met als wat sy in haar ligaam het, haar stem word hees maar die skok moet uit.

Daar stap 'n figuur na haar toe, dis een kolesale man, met groot voorarms, en hy het so aardige leer masker oor sy gesig. Haar asemhaaling word so vlak, sy snak na haar asem. Sy knip haar oe al hoe vinniger, sy kan nie inneem wat sy voor haar sien nie. Sy tel een, twee, drie, vier, vyf...en knyp haar oe styf toe, as sy haar oe toe hou sal hy dalk verdwyn. Sy is nie seker waar hy nou is nie, maar dit voel of hy baie na aan haar is, sy kan sy sweet ruik. Sy voel sy asemhaling teen haar vel. Blaas hy op haar om haar te treiter? Sy wil haar oe oopmaak maar dit is vas gepen. Dit voel of sy haar oe ure toe hou, sy weet hy is nie meer by haar nie, maar sy kan net nie haar oe oopmaak nie.
Wat het sy gedoen om dit te verdien?

5 comments:

Lee said...

Sy is in 'n koel kamer ek wet julle.
Hoekom kry ons net op maandag stukkies, kan jy dit nie meer gereeld maak nie?

Marra said...

Ag nee, hoeko hou dit op? Jaaaa...kan jy nie meer skryf nie of dalk meer gereeld?

etain_lavena said...

hihihi...ok ek sal kyk wat ek kan doen, meer gereeld dit laat continue....

lost said...

Ek kry skoon koud..
TEMPRATURE!!

etain_lavena said...

Whahahahahah.....Temperature....you must be kidding me maaiki....hihihih