Saturday, November 18, 2006

Ons Almal lewe soms.(vervolg)


Sy hoor hoe iemand met die slot vroetel wat baie na aan haar is, waaarin is sy gedruk? Die hou teen haar kop het haar vreeslik gedisorienteer. Die deur pop oop, sy is in 'n katebak, maar hoe lank sy daar in le weet sy nie. Die een mans stem, ruk haar uit die katebak uit, die stink lap is nog styf om haar gesig gebind. Sy begin prewel in die hoop dat die man haar sal jammer kry en los. Hy sit haar op 'n stoel in 'n vertrek, dis vreeslik koud hier. Sy hoor iewers drup-drup iets, en die man beweeg om haar en maak haar voete en arms aan die stoel vas. Hier sit sy nou godverlate en alleen, die man se nie 'n woord nie.

Roelf is altyd een vir grappies en lag, en hy kan haar omtrent terg en treiter, lag is altyd so fantasties saam met hom. Dis haar ma se verjaarsdag vandag en hul maak gereed om haar in die inrigting te gaan sien. Sy haat die feit dat haar ma in die wit, higieniese plek moet bly, sonder kleur of geur, haar ma se gunstelling was dan altyd haar tuin. Nou sit sy dag na dag alleen daar, want pa kan nie hanteer om haar so te sien nie. Die dokters kyk haar altyd snaaks aan, word mos gese dit word in die gene oor gedra, maar daar is niks fout met haar nie. Sy kyk hul soos 'n geitjie aan en klap my tong verontreg.

Ma sit so alleen in die kamer met die pynlike wit mure, wit bedegoed. Moet als altyd wit wees? Wit moet reinheid wys nie siekte nie, nie kranksinnigheid nie: dink sy by haarself. Haar ma sit strak by die venster en uitkyk. Mamma: se sy met 'n bewerige stem. Die pragtige vrou kyk nie om nie, Katatoniese fase:| se die sister agter haar. Hoe aaklig moet dit nie wees vir haar siel nie, sy wil seer seker haar pragtige ligaam beweeg, maar haar brein weier dit. Ek het vir mamma die pienkste blomme gebring wat ek kon kry, pienk is mos jou kleur mamma. Die vrou beweeg nie, maak nie 'n geluid nie. Die trane rol oor haar jong wange, wat vir 'n lewe is dit die?

10 comments:

SaM-GiRL said...

Gaan die eerste paragraaf nog aangaan?

etain_lavena said...

Ja als gaan nog aangaan, ek wil try dit soos 'n boek skryf, he als moet in mekaar invou met tyd!!

Marra said...

Kyk nou net...hier sit ek my koerant weg en lees jou kort verhaal...Ok...mans moet dit nie erken nie, maar jou storie het my...ek het die wurm op die hoek ingesluk...yum...wa's die tequila?

etain_lavena said...

whahahaha...parratjie waar is jy why for sign jy nie in nie, ek verlang na my boetie. Dankie vir die kompliment>mwah!

Lee said...

Dit raak vrek interesant en aangesien ek sukkel om afrikaanse stories te lees, se dit baie van jou vermoe

etain_lavena said...

Ai Lee, dankie baie!

Johan Kruger said...

Baie baie nice dame!!! Soos ek al vir jou vroeer gese het , jy is baie talentvol en moet nie dit eenkant toe skuif nie!!! Dit hou jou die heeltyd dink en dan kan jy nie ophou nie!!!

Baie nice!!!

etain_lavena said...

Sjoe baie baie dankie Johan

Flutopia Unchartered said...

hey thnks for dropping by and the comments..danke!

etain_lavena said...

It was a great pleasure!!!