Monday, November 13, 2006

Ons almal lewe soms


Haar hande is agter haar rug vasgebind, en een of ander stink lap is oor haar gesig. Dit ruik na olie of petrol, dit ruik na gevaar. Sy voel rond met haar hande en bene, die spasie waarin sy is, is baie klein, en die tekstuur voel half of dit mat kan wees. Daar is musiek wat bler maar dit is so hard dat mens glad nie die woorde kan uitmaak nie, dis vrees aanjaend. Dromme en snaakse onaardse geluide word saam die musiek ge-uiter.
Sy hoor twee mans stemme na aan waar sy is, dis half of hul mompel. Haar asemhaling is vlak, moet sy gil, gaan hulle haar meer kwaad andoen as wat sover gebeur het? Haar liggaam begin ruk, kouerkoors dink sy. Haar tande klap teen mekaar, sy probeer so hard om haarself kalm te kry. As sy maar net vir Roelf geluister het en nie alleen die donker nag in gevaar het nie. Hardkoppigheid is mos altyd haar oorwinnaar. Die twee mans klink of hul baklei. Sy wil graag hoor wat hul se, waaroor hul stry. Twee skote knal, sy gil, O Vader wat het nou gebeur? Dit voel of haar hart by haar hemp gaan uitspring. Dit is doodstil, selfs die aaklige musiek is af.

Wat het gebeur?
Word vervolg.......

7 comments:

Marra said...

Dis nou vir jou anners...Hmmm...Sy is die dogter van een of ander ryk olie magnaat wat groot korrupsie pleeg in SA?

Of sy is die meisie van 'n sokker ster wat die game weg gegooi het vir SA in 2010?

Ek kan nie meer...vertel nog...NOG!!!!

etain_lavena said...

sal volgende week weer oor die skryf...maak dit soos vervolg verhaal.

Marra said...

Uhm...ek weet...ek speel met die afwagting...En vra vir nog, maw ek wil nog lees en kan nie wag nie.

Net soo smens 'n fliek voorspel of boek...En ek sien baie uit na volgende week...

Raai raai....yippieeee!

Gremlin said...

mmm Something else but very good... I like...

Anonymous 911 said...

nice with rice

Lee said...

HEY dis beneek
ek love dit
kannie wag vir die volgende insel nie

SaM-GiRL said...

lol........maak mens nogal nosey...