Thursday, November 16, 2006

Mors die kosbare


So praat van als
om my in te dring is min
jy weet van niks
my siel steek als agter weg
jy neem my hand
ons was jonk
ek naief

ek wens ek kan weet hoe dit voel,
om tyd aan my kant te kry
tel wat jy het,
dit verdwyn duidelik onder jou oe uit
ons se veraltyd
jy lieg
ek naief

ek sal als gee om weer,
aan jou te raak,
die reuk van jou vel te proe
maar dis die dood
waar verewig altyd maak
ons dans onder sterre
ons sing in die reen
jy gemors in kokaiene

jammer ek kon nie red
jammer dis die eiende hier
my vriend
jy sal altyd in my hart woon
soos jou kinder prentjie
altyd in my boek toon
"smile be happy"
ek kon net vir jou glimlag
jy is my sterreman,

sien jou weer
ek beloof ek los jou dan
nooit

14 comments:

Marra said...

Oh my goodness...Ek is beslis nie kenner nie...Maar ek is MAL oor hierdie ene...Ek weet drugs is nie die fokus punt nie, maar dit bring soveel memories terug...en ek het ook vir hulle gesmile...

En hul spook by my...maar ek is so happy gewees...Het ek gedink...hahahahahaha

etain_lavena said...

Well ek het 'n pragtige vriend aan die dood afgestaan. Deur die middels wat ons dink ons beter sal laat voel.....ag dis so jammer.

Gremlin said...

Drugs.... OD..... Have seen it... Not a good site....

SaM-GiRL said...

Yeah..... not at all.

Donsie said...

Marinda(34) het besluit om die draai teen 200km/ph te neem is die oplossing vir haar gemors. Marlie(24) het gedink om in kar vol gas te sit is haar oplossing. Olivier(19) het gedink om homself in outehuis op te hang is sy oplossing. Ander mense dink drugs sal hul laat vergeet en ander weer alkohol. Ek noem dit selfsugtige mors van die kosbare.

Elkeen het n uitlaat pyp nodig - jou keuse hoe jy dit doen. Maar verstaan mense nie hoe hulle mors? Mors met hul eie kosbare lewe en mors met die wat agter bly?

etain_lavena said...

Ek raai daar moet iets van als in die lewe wees, die wat meer as hul deel doen, die wat meer pyn kry as nodig,die sterkes, die mooies, die aakliges, die morsers, en die wat agter bly!!!

Donsie said...

niks sal oor jou pad gebring word as jy nie sterk genoeg is om dit te hanteer nie....

etain_lavena said...

Dit is die reine waarheid want binne in jou siel en hart is al wat jy nodig het om te oorleef.

Lee said...

ek het minder as fier jaar terug vir 'n friend van my gese hy moet pad vat uit my lewe
sy veslawing was 'n negatiewe invloed in my lewe
ek konnie meer help waar hulp nie gesoek word nie
'n maand terug hoor ek hulet sy lyk gefind iewers in Hilbrow, hys dood aan 'n over dose.
teen dai tyd was hy pan van 'n eenjarige dogtertjie.
niemand weet of die "golden shot" 'n aspris poging was tot verlossing en of dit te feel te ver was nie
ek vra myslef steeds af of ek kon keer as ek nie dai dag my rug gedraai het nie

etain_lavena said...

Jy se self mens kan nie help waar hul nie wil he jy moet nie. Maar dis so swaer ek weet, daai maaikie van my Martin, ek kan nog sy Hugo boss ruik of hy langs my staan, jis ek kan nog voel hoe sag hy was as hy my styf vasgedruk het. Syne was nie OD as sulks nie...of so se die kenners. Hy het die dag glo in die son gewerk en na dit het hul, hul daaglikse fix gevat. Hy het tuis gekom en nie lekker gevoel nie, gaan le, en die volgende oggend kry sy ma hom, dood. Die are in sy brein het glo gebars, al die medisie goed kan ek nie onthou nie. Ek dink belangrikste is dat ek onthou hoe pragtig hy was, nie die laaste tyd wat ek my van hom af weg gehou het nie.....mens moet jouself eerste beskerm al is jy hoe lief vir iemand....dus kom ons onthou iets mooi van elkeen wat gesterf het. Remeberance Wall.

Lee said...

Hy Was altyd reg om te kuier en wyls ons nooit in mekaar se persoonlike lewens in gedelf het kon mens lekker saam hom kuier en gesels
hyt aanvaar wat en wie jy is sonner om dit te bevraagteken
hy was baie lief vir sy sussie en het sy bes probeer om haar uit sy wereld te hou. nie omdat hy haar wou berwerp maar omdat hy wou beskerm.
hy't geweet wat hy doen is verkeerd en dit vat moed om dit te besef

Clint's Blog said...

My compliments on your blog. To get it more widely noticed, grab your
free copy of
Links Explode

Rav3nn said...

My broer het aan die einde Oktober n overdose van heroine gehad. Ons het hom amper verloor. Hy het deur alle tipe dwelm op die mark gegaan in n spasie van n maand en n half. Dit gebeur so vinnig. Net so vinnig. Hy is nou in rehab, en gelukkig nie terug na die aarde toe nie. Ek blameer myself. Ek moes hom beskerm het!

etain_lavena said...

Ag nee skat jy se my niks, hoekom nie, ek is jammer ek was nie daar vir jou nie, ek is regtig jammer maaikie......love you!