Wednesday, November 01, 2006

Die vlug van die Rotternot man


Die man met sy mag in prag
sy vlerke span die hemel uit
die ure voel soos minute
as ek en my held die lug insluip

ons sweep af in die nag
jy neem my
eet my as dit donker raak
jou aanraaking grof
selfs seer in lekkerte
jy kan nie sag raak nie
jou oe hou die sagheid terug
jou kloue verhoed die liefde
ek voel jou vel die hare krap my sag
ek ruik jou sweet
die belusting lok my nader

jy sal altyd my held wees
jy sal my vervreet in genot
ons liefde is dalk anders
ek verban uit die samelewing
maar vir jou offer ek als op
my Rotternot man

3 comments:

Marra said...

Jeepers Creepers...this is my fav piece. I love this. Superman!!!

Do you translate for your man...I think you should. He deserves the truth!!! Hahahahahahaha

etain_lavena said...

hihihihih....I will translate he also needs to learn to read my passion, but that will come in time!!!
Thanks parratjie!!

Uberboer said...

Hi Boo

Jy is Welkom

Uberboer