Tuesday, November 14, 2006

Die hoek wat aan haar behoort


Sy staan altyd net daar onder die boom op die gras, die hoek behoort waarlik aan haar. Die nag gooi sy kombers oor die stad en die karre ry vlugtig verby. Sommiges stop en vra vir dinge wat net sy kan gee, sy is nie altyd in hart en siel die dinge in nie. Sy gee haar liggaam, want dit gee haar lewens moontlikhede. Almal dink hul weet hoekom sy dit doen, om haar dwelm verslawing te ondersteun! Maar op 15 wat doen jy as jou ouers jou verwerp, jou kerel ook maar 15 is en die klein bondelkie met groot oe na jou kyk vir kos. Wie is jy om jou neus op te trek en dink die hoek wat aan haar behoort is besmet?

Sy het haar groot oog bondelkie elke dag gevoed, na die skool gestuur met liefde broodjies en soentjies. Sy staan daar op haar gras onder die boom, en droom groot vir haar kind. Die karre sal stop sy sal inklim en in hul perverse drome vervul, sy sal die geld neem en weet haar kind kan leef vir nog 'n dag. Jy kan maar jou neus op trek en oordeel, oordeel in jou kar wat jou kerk toe vat. Die Here vergeef mos als. Sy sal nie onverskoning vra onder haar boom op haar hoek omdat sy wil leef nie.

8 comments:

Marra said...

Whoops...this is a shocker...I'm afraid I have to be careful here. It make me think, it made you clear.

Thank you for sharing!! Your a star!

etain_lavena said...

We need to get some sense into narrow minded society sometimes....;-)...thanks parratjie

Marra said...

Oh I'm with you 100%...At least the "narrow arrows" in today's society motivate me to loose some weight. Not for me to fit in, but for me to pass them without needing to touch or speak to them...the bastards...
heheheheheheheheh

etain_lavena said...

whahahahahahah...Go parratjie.

Lee said...

damn ek love hoe jy skryf

etain_lavena said...

Sjoe baie dankie.

SaM-GiRL said...

Stunning! regtig baie baie baie mooi, brilliant.... ek love nogsteeds jou gebruik van woorde...amazing.

etain_lavena said...

Baie dankie Sam ek wardeer.