Thursday, November 23, 2006

Die bloed sal skend


die gewasse gryp jou aan
die mure sluit jou in
jy sal val om weg te hardloop
jy sal huil om op te staan
ek weet nie wie ek sal wees,
as die waarheid uit is nie
sal ek half 'n mens geskend
in lyf en siel bestaan
sal jul my nog kan lief he?
sal my moet vergeef
as my uitkyk dalk verander
maar tog is die reis myne
en tog sal ek weer staan

so as ek dalk verander
wees lief vir die nuwe my
as ek nie kan huil nie
vee my trane af
die pad is lank en duister
die nag is lank en swaer
ek sal weer moet opstaan
ek sal weer moet huil
tussen bloed en traan,
sny en skend
sal ek bly staan

7 comments:

_Vee_ said...

;)

etain_lavena said...

Hihihihih...veekie!!

Anonymous said...

Soms moet n ding uit.
Soms moet dit nie.
Maar onthou dis deel van jou.
So fok die res as dit hul pla.

Jou verlede vorm jou hede.
Buig di boom terwyl hy jonk is.
Wat gister gebeur het maak dat jy vandag beter besluit neem.
Wat iemand aan jou gister gedoen het, sal jy nie weer toelaat dat dit vandag gebeur nie.

Elke mens het reg tot n opinie.
Sommige gaan jou jammer kry.
Ander gaan sĂȘ sies man!
Dan kry jy die wat gaan maak of niks verander het nie.
En dan kry jy die wat verstaan.(mense wat jou werklik lief het)

Waarom wonder oor hoe mense jou sal hanteer as dit uitkom.
Jy was nie verkeerd!!
Dit was hy! Iemand anders wat nie n hel omgegee het of hy jou seermaak of nie.
Jy was onskuldig!!! Dit was hy wat besluit het om god te speel.

Fok die mense wat nie wil verstaan - die ding moet uit - sodat jy dit kan verwerk en aangaan.

Gin mens het die reg om te doen soos hy gemaak het nie.
Ja dit gaan oopkrap, Ja gaan fokken seer wees, maar deur te swig gaan maak dat hy dit weer en weer en weer en weer...

SaM-GiRL said...

......:@( jy ok?

Anonymous said...

Voor babelse verwarring ontstaan - my bogenoemde opmerking is wat ek in gedig sien en nie op werklike mense gebaseer nie...

etain_lavena said...

Als is fine, mense as ek wil beroemde skrywer wees moet ek oefen en oefen tot ek naar is vir my eie woorde. My woorde moet bloei, rou gekrap word..

etain_lavena said...

Wat in gedigte gebeur is nie altyd werklik nie, en dis wat ek love as elkeen sy eie interpretasie neem.
En Anonymous, ek weet wat jy se dat 'n ding moet uit, als moet geuit word dis so waar. Maar ek wat werklik my skrywe wil verder vat het nodig om elke emosie te herkou en te verwerk, te karp tot dit weer bloei en tot ek kan se aaahhh ek het die wen resep. Ek is my woorde ek is my emosies, ek weet ek het nodig om als so te se dat mense voel ek praat net met hulle, dat ek daar was toe hul seer gehad het toe ander hul benadeel het. En meer en deels in my kort lewe het ek al baie gesien en ek gaan nog sooo baie sien, en ek wil sien ek wil voel ek wil sterf en weer leef want so leef ons so groei ons en so word ons briljant.