Thursday, November 30, 2006

als gaan verby


slaaf teen tyd
verslaap die lewe
mors jou kuns
verdors in pyn,
neem, eet, weet.

dringend verslaaf
suig my leeg
drein my deur,
dorstig tydlik verby
reen, sweer, teer.

tyd verbind
vergaan in lig
vergeef my
neem dit,
gee, weet, vergeet.

7 comments:

Donsie said...

Neem - Sweer - Vergeet
Eet - Sweer - Weet
Weet - Sweer - Gee
Neem - Reen - Gee
Weet - Teer - Vergeet

Die kombinasie van betekenis uit hierdie gedig is so flippen sad. Ek huil sommer. Jy gee, mense neem, jy weet, jy bou op, jy try vergeet. Onfokkenmoontlik!
Eina Boo!!

etain_lavena said...

ai skat.....dis waar ek was al leeg geneem, maar daar is net enkele mensies wat al terug gegee het.
Maar ek is baie sterker daardeur, en dit maak dat mense huil as hul my gedigte lees...wys ek kan my gevoel in woorde oordra...ek love dit, my woorde is soms al wat ek het om te se hoe ek werklik voel, want ek deel maar moeilik as ek seer het.
Dis soos daai een lidjie, Like the poet needs the pain....

Gremlin said...

mmmmm Hoekom dink ek almal was al hier duer... Wel baie van ons gaan nog steeds hier duer...

lost said...

en dan sweet jy..
en mense waardeur dit f*kol.

Like a junk head needs a vein...

SaM-GiRL said...

Ek dink ook almal was al deur dit.

etain_lavena said...
This comment has been removed by the author.
etain_lavena said...

In die lewe is pyn werklik jou eie. Mense kan empatie toon, maar dis waar dit stop. Almal se pyn is uniek en word op hul eie manier ervaar.