Thursday, October 19, 2006

Sy wil nie praat nie


As die klanke nie klink nie
As haar tong nie deel nie
Rondings gevorm in stille swye
Haar lippe wil nie voel nie
Haar hart wil nie vat nie
Sy kan nie aanhou veg

Help om te hoor
Voel om te gee
saam die praat kan aanraak
woorde sal ons omvou
jy kan tyd saam mense vervul
jy kan vraag met stilte onthou

ek kan nie raak as dit stil is nie
ek kan nie voel as my vel blou is nie
ek kan nie gil as my keel jou rou is nie
saam weet hulle niks
tussen die ure word ek weg gevou

die son nie wil opkom,
as die dag nie wil end kry
die mure sal jou skaaf
ure sal jou leeg bloei,
die einde is dan seker hier

8 comments:

Marra said...

Jy is rou oor iets. En nee, vir die ander, dis nie die gewone nie. Dis nie 'n hulp kreet nie, maar ek gaan die engele vir jou stuur. Jy beeld jou binneste uit en mense maak
superficial comments...Dis om van op te bring. Ek verstaan ook nie aldag hoe jy voel nie my sus, maar pok weet dis soms so duidelik in jou text. En ek is mal daaroor!

etain_lavena said...

Dankie parratjie, ja ek is rou. ek is rou dat almal dink hul weet wie ek is om ek anders is, om hul my wil voorskryf.
Ek is wie ek is, ek het 'n hart van goud en ek kan niemand seer maak nie, maar die wereld judge my vir niks.
My pen en woorde is soms al wat ek het!!!You can only judge a man when you have walked in his shoe's

Marra said...

Presies...ek is moeg daarvoor dat jaloerse suurstof diewe jou wil aanvat oor jou geloof of jou skrywe, maar ek dink nie hul doen dit uit eie natuur nie. Niemand is so dom nie. En almal het nie altyd iets om met hul eie tyd te doen nie. En ek praat nie verhewe bo ander nie. Ek is ook skuldig....*sug*...net nie by jou nie. :-)

Ek vra maar omverskoning vir die wat dink hul het die reg om jou te judge, hulle weet nie van beter nie.En as hul dit nie uit eie wil doen nie, vra ek omverskoning vir die persoon agter die persoon.Jy bly 'n super mens en skrywer!!!

etain_lavena said...

Ag parratjie, jy gaan my laat huil, dis pragtig dankie boetie. Ek wardeer jou!

Gremlin said...

Hay Drizzy Great piece..

Hay marra, I judge Drizzy every day...
I judge that she is a wonderfull person and has a very very soft spot in my heart... She's a great person and I love her dear.....

Okay the comments took me of the toppic, hehe.... wil have to read again to remember...

etain_lavena said...

thanks grem!

cathrine the gr8 said...

ek stuur vir jou vrede vir jou gemoed
liefde wat jou omvou
glimlag om jou warm te maak
'n drukkie sodat jy weet daar is mense wat omgee

Anonymous said...

Welche interessante Frage levitra bestellen cialis rezeptfrei [url=http//t7-isis.org]levitra bestellen[/url]